Nou kyk nou net hoe vinnig verouder inligting op die Internet. Ek het skaars iets geskryf oor die kommersiële speltoetser van CTexT of hulle stel 'n nuwe weergawe vry: die “Afrikaanse Speltoetser 3.0, Tesourus 1.0 en Woordafbreker” (vir Microsoft Office). Die speltoetser het nog meer woorde as tevore, omtrent 40 000 ekstra, as ek dit nou reg het – vanaf 310 000 in weergawe 2.1 na 350 000. Soos die produknaam dit duidelik maak sluit die nuwe weergawe ook nou die tesourus in wat mens voorheen apart moes aankoop. Terloops, indien jy reeds weergawe 2.x van die sagteware besit kan jy gratis die woordelys opgradeer, of teen omtrent die helfte van die prys van die nuwe produk kan jy jou vorige kopie volledig opgradeer: dit alles by www.spel.co.za (natuurlik verkoop hulle ook die nuwe weergawe as 'n losstaande item teen die volle prys). Die losstaande speltoetser is ook by Kalahari.net beskikbaar.
Maar natuurlik is my gratis Afrikaanse en Engelse speltoetsers steeds beskikbaar vir diegene wat verkies om 'n 100% besparing te kry.
Nuwe PUKKE Speltoetser met Tesourus